Lefra

Welkom by Lefra Produksies

Lefra Vermaak Suid-Afrika!

Ons bring die beste in komedie, drama en musiek na verhoë regoor die land. Ervaar produksies wat inspireer, vermaak en ontroer.

LTickets

LTickets is die platform waar jy al Lefra Produksies se vertonings kan bespreek

Nuusbrief

Sluit nou gerus aan by Lefra Produksies se nuusbrief om die nuutste nuus oor al ons produksies te kry.

Produksies

Waar stories op die verhoog lewe kry.

Gé Sing: Hoor My Lied!

’n Huldeblykproduksie deur Frans Swart wat die lewe en nalatenskap van Gé Korsten vier, met argiefmateriaal en vars musikale vertolkings deur top Suid-Afrikaanse kunstenaars.

Dinner For One

Dinner for One is ’n ikoniese Oujaarstradisie waarin Miss Sophie haar 90ste vier en haar butler, James, al die “gaste” speel — met chaos en lag wat net toeneem.

Groet die Grotman 2

’n Komiese vervolg waarin Grotman en Elize, 15 jaar later, die verskille tussen mans en vroue, moderne tegnologie en die huwelik se uitdagings met baie humor aanpak — laggend eerlik en herkenbaar.

Die Pomporrelkonsert​

Die Pomporrelkonsert bring Botha Enslin se kleurvolle kontreistories en meer as 30 unieke karakters tot lewe op die verhoog, vol humor en streektaal wat die Weskus se mense en wêreld vier.

Helene Bester

Helene Bester sing Nana Mouskouri is ’n huldeblyk aan die ikoniese Griekse sangeres, met Helene Bester se vertolking van haar musiek, geregisseer deur Frans Swart.

Liewe Heksie

Liewe Heksie bring Liewe Heksie en haar kaboutermaats terug na die Atterburyteater, met splinternuwe avonture vol humor, magie en dans vir die hele jongspan.

Vlerksleep

Vlerksleep is ’n komedie oor Richard en Julia se chaotiese soeke na nuwe liefde ná ’n skeiding, vol onverwags en eienaardige romantiese situasies.

Koos Doep

Koos Doep vier Koos du Plessis se nalatenskap met sy treffers en ’n humoristiese blik op die man agter die musiek.

My Boetie se Sussie se Ou

My Boetie se Sussie se Ou is ’n klug oor John Smith se twee gesinne wat chaos veroorsaak wanneer die tieners mekaar op sosiale media ontmoet.

Oppiwater Kunstefees

Oppiwater Kunstefees nooi jou om saam met Lefra, RSG en MSC Cruises op die MSC Musica vir ’n onvergeetlike kunservaring te vaar.

Toer Program:

Videos

Lefra TV

VOL
LEFRASONIC

CHANNEL

VOLUME

LTickets

LTickets is die platform waar jy al Lefra Produksies se vertonings kan bespreek

Nuusbrief

Sluit nou gerus aan by Lefra Produksies se nuusbrief om die nuutste nuus oor al ons produksies te kry.

oor ons

Teater wat Blywend Beïndruk

Lefra Produksies is ’n toonaangewende Suid-Afrikaanse teater- en vermaaklikheidsmaatskappy, bekend vir hoëgehalte Afrikaanse verhoogproduksies en lewendige geleenthede. Met dekades se ervaring het ons van die land se mees geliefde vertonings na gehore regoor Suid-Afrika gebring.

 

Van rekordbrekende teaterproduksies tot unieke feeste en konserte – ons passie is om onvergeetlike ervarings te skep wat mense vermaak, inspireer en deur lewendige optredes met mekaar verbind.

Grotman Biltong – DIS MOS KOS!

Koop nou jou Grotman Biltong™, dit is ook beskikbaar vir handles navrae.

KRY JOU KUNS OPPIWATER!

Lefra Produksie, RSG en MSC Cruises nooi jou om saam met ons op die MSC Musica te vaar op die Oppiwater Kunstefees. Jy kan ons maar glo as ons vir jou sê dit is ‘n wonderlike ervaring. Ons webwerf het werklik baie inligting. Neem ‘n paar minute en werk deur al die afdelings. Maar ons wil u graag behulpsaam wees.

9 – 14 April 2026 | Kaapstad tot Namibië

Vorige Produksies

Produksies wat Geskiedenis Gemaak Het

Ons vorige produksies sluit alles in van komedie- en drama-stukke tot huldeblyke en gesinsvriendelike opvoerings wat landwyd gehore vermaak het.

Ons Vennote