Soek

Sosiale Media

Klug

Geen Ouderdomsbeperk

70, geen pouse

Teks: Braam van der Vyver

Regie: Frans Swart

 

Hierdie lekkerlagklug reis maklik en al die akteurs is in Pretoria woonagtig.  Wie hyg so? is ‘n  oorspronklike komedie uit die pen van die voormalige wenner van die Nagtegaalprys, Braam van der Vyver.  Wanneer ouderling Christoffel van Wyk ‘n smeulende hygroman skryf begin die poppe dans want hygromans wat deur mans geskryf word, verkoop nie. Die vermaarde uitgewer, Beulah Bosman, meesterlik vertolk deur Carina Nel van Generations faam, gee egter nie so maklik op nie. Sy besluit om die boek, Amelia, onder die naam, Venus van Wyk, uit te gee en kry die verloopte sepie-aktrise, Aurelia Oberholzer-Anderson om vir die persona van Venus in te staan. Alles lyk onder beheer tot Aurelia se borsvergrotingsoperasie en die gevreesde boekresensent, Rintha Roelofse, sake deurmekaar krap.

Rintha krap waar dit nie jeuk nie en Christoffel vertrek saam met sy predikant, die wulpse dominee Tollie Zuurvogel, na die sinodesitting in Hartenbos.  Dis juis in Hartenbos waar die die tweede bedryf afspeel, waar Christoffel en dominee Tollie se ware kleure na vore kom.  Stephanie Gericke wat in 2014 met die Uitskieterprys  by die Woordfees bekroon is, speel Rintha.  Lee Visagie skitter as Aurelia terwyl Janel Jordaan wat onlangs by die Inniebos fees te sien was in Kop onderstebo, die los meisie is.  Die bekende TV-en radiopersoonlikheid, Jacques Botes, is ds. Tollie en Herman Vorster, Christoffel. Botes wat ook as sanger bekend is, was die aanbieder van Voorblad en Aan die ander kant. Vorster was onlangs in Sewende laan te sien.

 

 

Volgende Produksies

 


FLENNIE DIE SNARE


LIEWE HEKSIE

 


MY PA

 


AS DROME VLERKE KRY

 


 MY PASSIE VIR JESUS


MY MAN SE SKELMPIE SE SKELMPIE SE VROU 

Atterburyteater | Pretoria

28 November - 2 Desember 2017 


FIELA SE KIND