Soek

Sosiale Media

Kinderteater

Geen Ouderdomsbeperk

90, pouse ingesluit

 

Teks: Verna Vels

Verwerking: Frans Swart

Regie: Frans Swart

Vervaardiger: Lefra Produksies

 

Lefra Produksies toer reeds sedert 2009 met die baie suksesvolle Liewe Heksie-produksies, en twee nuwe Liewe Heksie stories gaan die jongspan in 2016 vermaak.  Die skepper van Liewe Heksie, Verna Vels is in 2014 oorlede en het kort voor haar dood ‘n splinternuwe storie spesiaal vir Lefra Produksies geskryf.  Lefra Produksies toer reeds die afgelope vyf jaar met baie suksesvolle Liewe Heksie-produksies.  Regisseur Frans Swart het vir Verna oortuig om ‘n splinternuwe Liewe Heksie-storie te skryf.  So is hierdie nuwe Heksie-teaterproduksie gebore – Liewe Heksie en die Tuindwergie.  “Ek wou nog altyd gehad het dat Heksie ‘n tuindwergie ontmoet,” het Verna gesê “en wou sien wat Heksie met die Tuindwergie doen.  En glo my, ek is seker sy gaan weer in die moeilikheid kom!  Ons maatjies moet maar kom kyk wat vang Heksie met Casper, die tuindwergie aan.”

Frans Swart, ook regisseur van Liewe Heksie sê hy is baie opgewonde dat Verna die nuwe storie spesiaal vir hom geskryf het en ook aan hom toevertrou het.  “Liewe Heksie het deur die jare so ‘n groot invloed op my lewe gespeel, want ek was kameraman op die Heksie-televisiereekse.  Behalwe dat ek grootgeword het met Liewe Heksie, het Heksie in my hart kom inkruip met die televisiereekse.  Dit is vir my ‘n besondere eer om Liewe Heksie en die Tuindwergie op te voer en dis so besonders, want dis ‘n vars en splinternuwe storie,” sê Swart.

Voor pouse word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer.  Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf.  Maar Botterblom is kwaad.  Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand by Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam.  Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans.  Na pouse is dit dan Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar ons Casper die tuindwerg ontmoet toe hy een oggend in Heksie se tuin wakker word.  Maar wie kruip daar agter ‘n boom weg?  Is dit die nare gifappeltjies?

Vier uiters talentolle akteurs gee aan die Liewe Heksie-karakters lewe op die verhoog.  Anmari van Achterbergh speel die rol van Liewe Heksie, Botha Enslin die rolle van Mattewis, Kwaaitjie Kabouter, die Geelheks, Borrie die Gifappeltjie, Griet, Karel Kat, Botterblom en Koning Rosekrans.  Anel du Plessis is te siene as Blommie, Kerrie die Gifappeltjie en Koning Rosekrans.  Phillru van Achterbergh vertolk onder andere Casper, die Tuindwergie, Borrie die Gifappeltjie, Karring en Klein Kwaaitjie.

 

 

Volgende Produksies

 


FLENNIE DIE SNARE


LIEWE HEKSIE

 


MY PA

 


AS DROME VLERKE KRY

 


 MY PASSIE VIR JESUS


MY MAN SE SKELMPIE SE SKELMPIE SE VROU 

Atterburyteater | Pretoria

28 November - 2 Desember 2017 


FIELA SE KIND